Daar is ’n groot bonus wanneer die Oudtshoorn Elephants se binnes-huise Junior Hokkietoernooi Saterdag, 24 Augustus by die De Jager Sportkompleks plaasvind.
Wat hierdie toernooi heel anders maak, is dat die SA-Vroue Binnes-huise hokkiespan hul Wêreldbeker oefenkamp vanaf Woensdag, 21 Augustus tot Sondag, 25 Augustus by die De Jager Sportsentrum sal hou. Dit beteken dat die SA-Vrouespan teenwoordig sal wees by die Junior Toernooi wat Saterdag sal plaasvind.
Die toegangsfooi vir toeskouers by die wedstryde is R20 en skoliere het gratis toegang. Op Donderdag 22 Augustus speel die Spar SA-dames 1 teen Eden om 17:00 en om 18:00 speel die Spar SA-dames 2 teen Eden.
Vrydag 23 Augustus en Saterdag 24 Augustus vind vertoonwedstryde om 19:00 plaas en Sondag sal twee wedstryde gespeel word. Om 08:00 speel die SA-dames teen Eden en om 09:00 vat hulle die span van Slater aan. Volgens Charné Dalton, hoofafrigter van die Oudtshoorn Elephants, is dit vir hulle ’n ongelooflike voorreg om die SA-dames by die toernooi in Oudtshoorn te hê.
“Ons is baie opgewonde om hier-die dames by ons te kan verwelkom. Kom kyk gerus na die beste ‘Indoor’-hokkiespelers in Suid-Afrika, veral hier in ons dorp, Oudtshoorn”, het sy opgewonde gesê. (Deur Lindi Brill)
Oudtshoorn opgewonde oor SA-dames hokkiespan
Die SA-Vroue Binnenshuise hokkiespan wat vanaf 21-25 Augustus in Oudtshoorn is vir hul Wêreldbeker oefenkamp. Foto: Verskaf