Deur Ben du Preez
Die Oudtshoorn Rugbyklub se eerste span het Saterdag (29 Julie) sy plek in die halfeindstryd van die SWD Karoostreekliga verseker met ’n groot oorwinning van 55-17 oor Young Leaves.
Oudtshoorn het nege drieё gedruk teenoor die drie van Young Leaves.
Oudsthoorn kom nou op Saterdagmiddag, 12 Augustus, op die Rec (Oudtshoorn Sportgronde) in een van die twee halfeindstryde teen die span van Swings te staan.
• In ’n SWD Presidentsligawedstryd Saterdag het Willowmore United op Willowmore vir Collegians met 27-24 geklop. Collegians het ondanks die nederlaag deurgedring na die halfeindronde.
• In nog ’n SWD Presidentsligawed-stryd Saterdag op die Bridgton Sportgronde het Beaufort-Wes se A-span All Blacks A met 30-29 geklop ondanks die feit dat All Blacks vier drie teenoor die besoekers se drie gedruk het.