Oudtshoorn blink uit by Cape Town Cycle Tour

Lede van die Bridgton- en Oudtshoorn fiets-ryklub, wat die naweek aan die Cape Cycle Tour in Kaapstad deelgeneem het. Foto verskaf

Fietsryers van Oudtshoorn het goed gevaar tydens vanjaar se Cape Town Cycle Tour.
Anda Nqumse het ’n goue medalje ingepalm toe hy eerste oor die wenstreep was in die 42 km, o.15 kategorie.

Oudtshoorn Fietsryklub se Siphoshile Lucas (Spha) het brons verower in die seuns o.15 kategorie en het derde geëindig met ’n tyd van 1:23:38. Daar was minder as ’n minuut spasie tussen Nqumse en Lucas.

Juandre Davids was vierde.

Nog ’n uitblinker, Ronaldino Williams, het die speke behoorlik laat sing toe hy die 109 km in ’n tyd van 2:53:31 voltooi het en in die “sub drie” kategorie geëindig het.

Nqumse, Davids en Williams is lede van die Bridgton Fietsryklub. (ANGELIQUE ERASMUS)