Oud en jonk geniet byeenkoms!

Chris Patton, gestremde Protea-rolbalspeler van Knysna, Sondag in aksie op die Outshoorn Rolbalklub se baan. Hy het in ’n titaniese stryd vir Fanie Niehaus van Eden Rolbal met 21-20 geklop. Patton het ’n bronsmedalje by vanjaar se Statebondspele gewen. Patton, wie se rolstoel spesiaal vir rolbal speel aangepas is, was een van meer as 130 rolbalspelers van regoor die land wat van Sondag aan die nasionale rolbalkampioenskap vir getremdes op Oudtshoorn deelneem. Die toernooi duur tot Saterdag. Foto: Higgo Jacobs

Groot rolbal op Oudtshoorn

Deur Higgo Jacobs
DIE vyfde Meiringspoort Challenge by De Rust is Saterdag deur oud en jonk geniet toe 380 padatlete en 385 bergfietsryers op die dorp toegesak het.

Volgens Pieter Schoeman, een van die organiseerders, het die deelnemers die geleentheid gehad om in koel sonskynweer die natuurskoon en unieke plantegroei van die Klein Karoo te geniet.

By die wegspring was ’n oranje banier met die woorde: “Die lewe is ’n reis – geniet die rit”.

Twee bekende padatlete van Oudtshoorn, John April en Gershwill Jacobs, was onderskeidelik eerste en tweede in die 20 km-wedloop. April se wentyd was 1:23:15 en Jacobs s’n 1:24:24.

Nog twee Oudtshoorniete, Francois Maquassa (44:48) en Anderson Nube (44:56), het tweede en derde in die 9,5 km-wedloop geëindig. Dié wedloop is deur Godwin Heyns van George in 44:47 gewen.

• Neil Clark van Plettenbergbaai het die 61,5 km-berfietsren gewen in 2:29:12.

Dit is stadiger as die wentyd van verlede jaar oor dié afstand, maar volgens Henkie du Plessis, organiseerder van die fietsrenne, is vanjaar se roete ietwat gewysig. Daarom kan die tye nie regtig vergelyk word nie.

Corné Botha van Jakhals Events was baie tevrede met die getal inskrywings vir die bergfietsrenne.

“Ons het vanjaar dubbel soveel inskrywings as verlede jaar gehad,” het hy gesê.

Wat ook opvallend was, is die groot aantal vroue wat deelgeneem het.