Dave van der Walt (naasregs), uittredende voorsitter van SWD Twee-kamp, saam met van die nuwe topbestuur, Marius Schlechter, vise-voorsitter, Stephnie McKay, voorsitter, en Johan Windt, vise-voorsitter.
SWD Tweekamp het Dinsdag by sy jaarvergadering ’n nuwe bestuur gekies en indringende besluite geneem om die sport te laat groei.
Die nuwe bestuur het ’n verjongingskuur ondergaan met Stephnie McKay van Oudtshoorn wat as nuwe voorsitter gekies is in die plek van Dave van der Walt wat nie beskibaar was nie.
SWD Tweekamp se rolspelers het onlangs ’n Imbizo gehou oor die pad vorentoe. Daar is onder meer besluit om ’n betaalde operasionele bestuurder aan te stel om die tegniese aspekte te hanteer en sodoende die druk op die bestuur te verminder. Chris van Wyk, ontwikkelings-en- transformasiebestuurslid, gaan ook ’n spesiale poging aanwend om gestremde atlete toenemend te akkommodeer.
McKay se mede-bestuurslede is Johan Windt, vise-voorsitter: seniors, veterane en meesters; Juan Pretorius, vise-voorsitter: baan en beamptes; Marius Schlechter, vise-voorsitter: atlete en swem; Aneen Janse van Rensburg, sekretaresse; Yvonne McKay, tesourier; Rudi Reichert, skoleverteenwoordiger; Stephnie McKay, damesverteenwoordiger; Van Wyk; en Juan Pretorius, seniors.
Van der Walt en Stephen McKay is as ere-lede aangewys.