Nuwe roetes vir Meiringspoort Challenge

Deur Higgo Jacobs
DIE Meiringspoort Challenge met nuwe roetes vir die bergfietse, sowel as die padwedlope, vind vanjaar op Saterdag, 26 Mei, op De Rust en in die omgewing plaas.

Die opwinding begin reeds die Vrydagnamiddag by die NG Kerk op De Rust met ’n steakete met skyfies en slaai.

Registrasie en laat inskrywings kan dan van 17:00 tot 19:00 gedoen word en weer Saterdag van 05:30 tot 07:00.

Die bergfietsrenne en padwedlo-pe begin en eindig by die NG Kerk.

Almal wat binne die voorgeskre-we tye klaarmaak, ontvang ’n medalje.

Die prysuitdeling vind om 11:30 by die kerk plaas.

Die interessante roetes kan by www.meiringspoortchallenge.co.za besigtig word. Deelnemers kan nie voor die tyd na die roetes gaan kyk nie, want dit word slegs een keer per jaar tydens die Meiringspoort Challenge oopgestel.

Volgens Brende Brits, een van die organiseerders, sal daar vrye toegang tot WiFi by die kerk wees.

Daar sal mediese personeel en sekuritietsbeamptes langs die verskillende roetes wees.

Daar is self ’n speelarea waar kinders onder toesig kan speel sodat hul ouers sorgvry aan die verskillende items kan deelneem.

Die verskillende afstande vir die bergfietse is 19,5 km, 31 km, en 61,5 km. Die afstande vir die padwedlope is 9,5 km en 20 km.
Navrae oor die bergfietsrenne kan by Henkie (082 396 4094) gedoen word en navrae oor die padwedlope by Pieter (082 377 0547).

Aanlyninskrywings sluit Maan- dag, 21 Mei, om 23:00.