Deur Higgo Jacobs
Naas Beets, ’n ou bekende op Oudtshoorn se gholfbaan, het Saterdag na ’n lang afwesigheid die stablefordkompetisie met ’n telling van 41 punte gewen. Morné Tome, ook met 41, was op ’n uittel tweede.
’n Besoeker, M Diederick (39) was derde. Piet Swanepoel en Marius Wilken, albei met 38, was op ’n uittel vierde en vyfde.
Daniel Boks het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en Diedericks het die boerpot gewen.
Llewellyn Rheeder het ’n spog-twee op die 3de geslaan en Anton Kock op die 12de.
• Woensdag se individuele stableford is deur Hein Terblanche met ’n telling van 40 punte gewen. Lollies van Rensburg en Reinhardt van Col-ler, albei met 39, was op ’n uittel tweede en derde, en Frans Celliers en Johan Cornelissen, albei met 38 op ’n uittel vierde en vyfde.
Terry van Coller het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan. Die boerpot is deur Barries Griebenouw, Pieter du Plessis en Coenie Coetzee gedeel.
Saterdag word die klub se jaarlikse kampioenskap oor 36 putjies gespeel.