Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se individuele stableford Saterdag is deur Rudi Mortlock met ’n telling van 40 punte gewen.
Marthinus Oosthuizen en Skillie Pretorius, albei met 39 punte, was op ’n uittel onderskeidelik tweede en derde. Etienne Roos en Francois Brill, albei met 38 punte, was op ’n uittel vierde en vyfde.
Die boerpot is deur Billy Capil, Ockie Horowitz en Pieter Pretorius gedeel. Mortlock het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en ook spogtwees op die 12de en 15de behaal.
Llewellyn Rheeder het op die 8ste ’n spogtwee geslaan.
• Woensdag, 29 Augustus, se stablefordgholfdag is deur Terry van Coller met ’n telling van 41 punte gewen. Heinrich Terblanche, ook met 41, was op ’n uittel tweede.
Noël Dreyer, William Phillipus en Johan Cornelissen, al drie met 39 punte, was onderskeidelik derde, vierde en vyfde.
Skillie Pretorius en Terblanche het die boerpot gedeel.
Garth Matthews het op die 15de die naaste aan die pen geslaan en op dieselfde putjie ’n spogtwee geslaan. Deon Barnard het op die 3de ’n spogtwee geslaan.