HW de Waal (10) met sy perd Margran waarmee hy die 80 km-uithourit voltooi het. Die perd het aan wyle Nico du Bois behoort.
Foto Angelique Erasmus
Deur Angelique Erasmus
SOWAT 70 perderuiters het Vrydag en Saterdag aan die Oudtshoorn Perdeuithouritte in die skilderagtige Schoemanshoek noord van Oudts-hoorn deelgeneem.
Die ritte, wat ruiters van die Oos-, Suid- en Weskaap lok, begin en ein-dig by Berluda Gasteplaas.
Die byeenkoms het vanjaar die vierde keer by Berluda plaasgevind. Voorheen was dit by die Kansakrale.
Die wenners van vanjaar se uithou-rit is Joubert Sambo, Mabeth Cilliers en Ernst Neethling onderskeidelik in die lig-, standaard- en swaargewig-afdelings.
Verskeie instansies word jaarliks by die byeenkoms betrek danksy borgskappe van plaaslike besighede.
Inwoners van plaaslike ouetehuise soos Coronation Memorial en Helen Bellinganhof, sowel as Eljada Kairos, die Eljada
Instituut, Huis Triomf en die Vaardigheidskool is bederf met heerlike eetgoed en koeldrank voordat hul deur Lizel de Waal geneem is om na die perde te gaan kyk.
Veral die kinders het dit baie geniet, met sommiges wat braaf genoeg was om die perde te streel.
Dié jaarlikse uithourit is in 2012 begin deur Nico du Bois, wat verlede jaar oorlede is toe sy bakkie op die Kango Grottepad omgeslaan het.
HW de Waal (10), die jongste deelnemer aan vanjaar se byeenkoms, het die 80 km voltooi met sy perd Margran, wat aan Du
Bois behoort het. Hy was baie lief vir Margran.
Kieth Aychen het met sy perd Prins Echo met ’n skelgeel beffie op sy hoed gery as eerbetoning aan Du Bois Die geel beffies was deel van Du Bois se span se kleure.
• Oudtshoorn Perdryklub is die klub met die meeste lede van al die klubs in die Tuinroete.