Anneline (links) en Anecia Badenhorst, wen- ners van die Vrouegholfdag, saam met Andries van Schalkwyk van Buffelsdrift Game Lodge, wat die gholfdag die vyfde keer ná mekaar geborg het. Foto & berig: Higgo Jacobs
Anneline Badenhorst en haar dogter, Anecia, het met ’n telling van 44 punte die Vrouegholfdag op Donderdag, 6 September, op die Oudtshoorn Gholfbaan gewen.
Altesame 76 vroue vanoor die Suid-Kaap het aan die 4 BBB-stablefordgholfdag deelgeneem.
Sterk mededinging het die dag, wat allerweë as ’n groot sukses beskryf is, gekenmerk.
Die eerste drie pare het al drie dieselfde punte, naamlik 44, behaal en die wenners moes met ’n uittel bepaal word.
Die naaswenners was Miemie Maritz en Pam Haig (44). Wanda Uys en Ronel Berry (44) het derde geëindig.
• Lollies van Rensburg en Etienne Roos (44 punte) het Woensdag (5 Sept) die Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag gewen.
Barries Griebenouw en Francois Verwey (43) was tweede, gevolg deur Louis Willeman en Heinrich Terblanche, en Jaco Matthee en Skillie Pretorius, almal met 43 punte, op ’n uittel der-de en vierde. Ian Mileham en Chris Odendaal (41) was vyfde.
Verwey het op die 8-ste putjie naaste aan die pen geslaan en André Plaatjies op die 15de.
Spogtwees is geslaan deur Verwey (8ste en 12de), Van Rensburg (15de), Pietie Mooney (3de) en Bennie van Zyl (12de).