Louis wen houespel

Louis Fourie sr was Saterdag met 69 houe die wenner van afd A van die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse houespel.
Llewellyn Rheeder was tweede met 74 houe.
Pieter Strauss was met 70 houe die wenner van afd B en sy seun, Viviers, die naaswenner met 73 houe.
Jurie Neethling het afd C gewen met 71 houe, met Chris Smith (74) die naaswener.
Strauss sr het die boerpot gewen.
Piet Swanepoel en Terry van Coller het op die 12de putjie elk ’n spogtwee geslaan en Viviers Strauss op die 15de.

Deur Higgo Jacobs