Paul Stroebel (links) saam met (van naaslinks) Louis Fourie, wenner van Saterdag se vleisgholfdag, Louis Fourie jr, naaswenner, en WM Badenhorst wat derde was. Foto Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
Louis Fourie en sy seun Louis was Saterdag eerste en tweede in die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag met tellings van onderskeidelik 42 en 38 punte.
WM Badenhorst, ook met 38 punte, was op ’n uittel derde.
Ian Laubscher en André Plaatjies was op ’n uittel van 37 onderskeidelik vierde en vyfde.
Fourie jr het die boerpot gewen en Plaatjies het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.