Legends wen Suff Beker-toernooi

Legends se wenspan!

Legends se wenspan!

Jonathan Serfontein (middel), koör-dineerder van die Suff-toernooi, saam met Niel Hendricks (links) en Pietie Fre­dericks wat die beste boulers van die toernooi was met 7 paal-tjies elk.  Zin-Zan Meyer wat die voor-ste lopiemaker was met 69 lo-pies in drie wedstryde.

Jonathan Serfontein (middel), koördineerder van die Suff-toernooi, saam met Niel Hendricks (links) en Pietie Fre­dericks wat die beste boulers van die toernooi was met 7 paaltjies elk.
Zin-Zan Meyer wat die voor-ste lopiemaker was met 69 lo-pies in drie wedstryde.

Zin-Zan Meyer wat die voorste lopiemaker was met 69 lopies in drie wedstryde.

DIE Legends-krieketspan het Sondag vir Firestones in die 20/20-eindstryd om die SUFF Beker gewen. Legends het ook verlede jaar die toernooi gewen.

Oudtshoorn Youth Cafe en die SUFF Academy het die toernooi op die veld agter die ou OKSK-gebou in Bridgton aangebied.

Legends het eerste gekolf en is in die 18de boulbeurt vir 96 lopies uitgehaal.
In hul beurt is Firestones in 17 boulbeurte vir slegs 80 lopies uitgehaal wat aan Legends ’n oorwinning met 16 lopies besorg het.