Daniel Boks (naaslinks) en Ian Laubscher (middel) was die wenners van die Besigheidskamer se geborgde gholfdag. Links is Marita Bouwer en naasregs Louis Slabbert, albei van Slabber en Slabbert Oogkundiges (borg). Regs is Paul Stroebel, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag verlede Woensdag (6 November) op die plaaslike baan is gewen deur Ian Laubscher en Daniel Boks met ’n telling van 50 punte.
Louis Willeman en Desmond Malgas was die naaswenners met 47 punte.
André Plaatjies en William Phillipus was met 43 punte op ’n uittel derde en Gideon en Anneline Badenhorst (ook met 43) vierde. Etienne Roos en Barries Griebenouw (42) was vyfde.
Noel Dreyer het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Gary Hutchings op die 8ste, Phillipus op die 12de en Lollies van Rensburg op die 15de.
Spelers wat elke maand die sakekamer se gholfdag gewen het, speel op 6 Desember in die eindstryd.
(Deur Higgo Jacobs)