Kinders aan muurbal blootgestel

Dié jong  voorne- mende  muurbal- spelers,  wat verlede  week ’n junior  opedag van die  Oudtshoorn Muurbalklub bygewoon het, was  baie gees-driftig. Foto verskaf

Dié jong voornemende muurbal-spelers, wat verlede week ’n junior opedag van die Oudtshoorn Muurbalklub bygewoon het, was baie geesdriftig.  Foto: verskaf

DIE Oudtshoorn Muurbalklub beoog om ’n junior oefengroep te begin nadat 26 geesdriftige jong Oudts­hoorniete verlede Woensdag (6 September) ’n Junior Opedag by die klub bygewoon het.

Die kinders was tussen vyf en 13 jaar oud.

Die dag is aangebied deur Jaco en Heleen de Jager van Eden Muurbal.

Jaco het dié voornemende jong muur­balspelers speletjies op die baan laat speel, oefeninge laat doen. Elk­een het ook die kans gekry om muurbal te speel. Die De Jagers het ná afloop van die dag gesê hulle was baie beïndruk met die talent van die jongspan.

Charlotte Bothma van die Oudts­hoorn Muurbalklub sal saam met die junior spelers oefen.
Kinders wat wil leer muurbal speel en deel van die oefengroep wil word, kan Charlotte kontak by 0845541153.