Relay 2018 in Oktober geloods

DIE bekendstelling van Kansa se Relay For Life-deurnagbyeenkoms vir 2018 vind op Saterdag 14 Oktober 2017 plaas.

Ken jy iemand wat deur kanker geraak is?

Miskien het jy ’n familielid aan dié siekte verloor?

Dalk kan jy met trots sê jy het kanker oorwin!

So, maak litte los en kry jou span bymekaar. Neem jou wapen op – gemaklike stapskoene na­tuurlik. Daar is genoeg tyd om die dorp pers te verf en te oefen vir hierdie prettige kanker-bewusmakingeleentheid waar spanne inskryf en spanlede mekaar aflos om dwardeur die nag sonder onderbreking om die atletiekbaan te stap.

Dit simboliseer die harde pad wat kankeroorlewendes en hul versorgers en families loop in die stryd teen die siekte.

Die plaaslike komitee wat gelei word deur Riana Lindeque, het die week die munisipaliteit, ondernemings, staatsinstansies, skole, kerke en vrien­dekringe wat Relay for Life ondersteun, bedank vir hul betrokkenheid.

Enigiemand wat deel wil wees van Relay for Life se span (komitee) kan Magarette du Plessis skakel of sms by 078 191 3297 / whatsapp by 073 484 5695.