Kango-wedlope lok meer as 1600 deelnemers

Malusi Dlomo wat die Kango Marathon gewen het in 02:23:52. Foto: Ebenezer Titus

DIE wenners van die Infanterieskool Kango Mara-thon Saterdag was Malusi Dlomo (mans) in ’n tyd van 02:23:52 en Doretta Smith (vroue) in ’n tyd van 02:53:42.

Die marathon het altesame 1125 langasems gelok.

Die halfmarathon (21,1 km), waaraan 507 atlete deelgeneem het, is gewen deur André Ketchen in 01:04:46 met Lloyd Bosman (Nedbank SWD Atle-tiekklub) tweede in 01:05:22.

Melissa van Rensburg (Nedbank SWD Atle-tiekklub) was die vrouewenner in 01:25:25.

Hannes van Rooyen (Sedgfield Striders) en Anel Oosthuizen (Nedbank Atletiekklub- SWD) was die onderskeie wenners van die stappers met tye van 02:15:59 en 02:42:32. Altesame 33 stappers het deelgeneem.

Die atlete van die Oudtshoorn Atletiekklub wat die marathon (42,2 km) voltooi het (met tye in hakies) is Jason Jafta (03:36:09), Johnel van der Westhuizen (04:15:45), Ansie Nel (04:28:05), Herman Myburgh (04:33:04), David McKinnon (04:33:52), Zani Smith (04:33:52), Josephine Oosthuizen (04:46:06), Marietjie Krüger (04:52:-48), Francois Genis (04:53:48), Herman Krüger (04:59:28) en Hendri Calitz (05:15:36).

Jason Jafta wat die Kango Marathon (42,2 km) in ’n goeie tyd van 03:36:09 voltooi het.
Foto: Hans van der Veen