Jaco Pretorius (12)
Deur Garnett Wicomb
DIE 12-jarige Jaco Pretorius het Oudtshoorn se Lente Parkrun Saterdag by Surval Olive Estate in ’n tyd van 21 min 52 sek gewen.
Dit was Jaco se 25ste Parkrun en ook ’n persoonlike beste tyd.
Newald Groenewald (22:25) was tweede en Deon van der Walt (23:58) derde.
Betsie Colyn (31:17) was die vrouewenner en Tabisa Panda (32:17) die naaswenner.
Die Oudtshoorn Parkrun begin tot einde van September elke Saterdag om 08:00 en van 7 Oktober om 07:00.
Deelname is gratis.