Saterdag 8 November het twee spanne van die Oudtshoorn Jukskei-klub gaan deelneem aan ’n Opedag te Stilbaai waar spanne van Hartenbos, Danabaai, Riversdal en Stilbaai deelgeneem het. Oudtshoorn spanne het goed gevaar. In die B-afdeling het Oudtshoorn 3de en in die C-afdeling 6de geeïndig.
Spelers van die dag was:
Andile Mgulwa (B-span) en Isma van Tonder (C-span). Donderdag 6 November het hulle ook ’n geslaagde afrigtingskliniek gehad wat aangebied is deur Jaco Botes (SA Hoofafrigter vir Bo 50- en 60-spanne), Paul Marais en Carina Botha.
Alle belangstellendes wat meer wil leer van Jukskei word uitgenooi om Dinsdae en Donderdae om 16:00 saam te kom speel by die De Jager-Sportkompleks of vir Hercules Kritzinger te kontak by 060 997 5576. (GRANWILLE GOLIATH)
Jukskei skop af in Stilbaai
Agter: Ivan Ellis, Andile Mgulwa, Jossie Nel, Echbert le Roux, Thinus Botha. Voor: Isma van Tonder, Hercules Kritzinger, Ria Basson.
Foto verskaf