
Saterdag by Smitswinkel het Alpha Junior FC hulle jaarlikse prysuitdeling gehou.
Die spelers was baie opgewonde oor die geleentheid. Baie van die spelers het ook hierdie prysuitdeling gebruik gemaak om terug te kyk oor hoe hulle die seisoen opslae gemaak het op die sokkerveld.
Vir sommige van die spelers was dit ’n groot oomblik om die toekenings te kon ontvang. Alpha Junior FC het ook die seisoen verskeie trofees gewen. (GRANWILLE GOLIATH)