
John April van Oudtshoorn, manswenner van Saterdag se Kango Marathon. Foto: Ben du Preez

Anel van Wyk wat derde was in die vroue-afdeling van die Kango Marathon Saterdag.
Foto: Ben du Preez
Deur Ben du Preez
DIE mansafdeling van Saterdag se Infanterieskool Kangomarathon is deur die plaaslike langasem John April van Nedbank SWD gewen in 02:29:13.
In die vroue-afdeling het nog ’n plaaslike atleet, Anel van Wyk, ook van Nedbank SWD, goed gevaar deur die derde in 02:56:23 te behaal.
In die halfmarathon is die eerste drie plekke deur Nedbank SWD-atlete behaal. Elfonzo Pietersen het in 01:11:00 gewen, met Godwin Heyns (01:13:50) tweede en Julius Korkee (01:15:19) derde. Heyns was die eerste junior atleet oor die wenstreep.
Volgens Richard Hughes, organiseerder van die marathon, was die dag ’n reuse-sukses en was weerstoestande ideaal vir die atlete.
Die stormwind en reën wat Oudtshoorn Vrydagmiddag getref het, het egter chaos gesaai by die eindpunte. Al die tente en gazebos het omgewaai.
Gelukkig was die storm van korte duur en was daar baie hande om die tente weer regop te trek.
Hughes sê dat hulle reeds begin het met die beplanning van die 40ste Kango Marathon wat belowe om die grootste een nog te wees.