DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) en die Klein Karoo Posduifklub (KKPK) het Sondag (18 Oktober) weer vanaf Kimberley in die Noord-Kaap gevlieg.
Met die pad langs sal so ’n reis jou oor 670 km dra, terwyl die duiwe se roete hulle oor ’n afstand van tussen 580 en 605 km neem.
Johan de Jager van OPK se duiwe het vir die derde agtereenvolgende week in beide sy klub se vlugte eerste geklok.
Hannes Smit en George Erasmus van KKPK se duiwe het onderskeidelik in hul klub se vlugte eerste tuisgekom.
In beide klubs se wedvlugte het net ’n handvol manne deelgeneem.
OPK Ope-afdeling wedvlug 29 se uitslae is: De Jager – 1, 3 en 6; Jurie Geldenhuys – 2, 4, 5 en 7.
OPK Ope-afdeling wedvlug 30 se uitslae is: De Jager – 1, 4, 5, 7 en 8; Geldenhuys – 2, 3 en 6.
KKPK Ope-afdeling wedvlug 29 se uitslae is: Smit – 1; Erasmus – 2, 3, 4, 5, 7, 8, 9 en 11; Tobie Ellis – 6 en 10.
KKPK Ope-afdeling wedvlug 30 se uitslae is: Erasmus – 1, 2, 4, 7, 8 en 11; Ellis – 3, 5 en 6; Smit – 9 en 10. (Deur Stefan Skapie Goosen)