DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) en die Klein Karoo Posduifklub (KKPK) het Sondag (11 Oktober) vanaf Kimberley in die Noord-Kaap gevlieg.
Johan de Jager van OPK se duiwe het weer in beide sy klub se vlugte eerste geklok, terwyl Hannes Smit van KKPK se duiwe uitstekend gevaar het en in beide hul vlugte eerste tuisgekom het.
OPK Ope-afdeling wedvlug 27 se uitslae is: De Jager – 1, 3, 4, 6 en 8; Jurie Geldenhuys – 2, 7, 9, 14 en 15; Raubenheimer Broers – 5, 11, 17 en 18; Ockie&Abe – 10, 12, 13 en 16.
OPK Ope-afdeling wedvlug 28 se uitslae is: De Jager – 1, 3, 10, 12 en 13; Raubenheimer Broers – 2, 9, 11 en 14; Ockie&Abe – 4; Geldenhuys – 5, 6, 7, 8 en 15.
KKPK Ope-afdeling wedvlug 27 se uitslae is: Smit – 1 en 6; Cobus van der Merwe – 2, 5 en 10; George Erasmus – 3, 4, 7 en 9; Tobie Ellis – 8, 11 en 12.
KKPK Ope-afdeling wedvlug 28 se uitslae is: Smit – 1 en 7; Van der Merwe – 2, 6 en 9; Erasmus – 3, 4, 8, 10 en 11; Ellis – 5; Alvan Fourie – 12.
Johan en Hannes domineer vlugte
