Eerste rondte van die Oudtshoorn Rolbalklub besigheidsliga

Die eerste rondte van die Oudtshoorn Rolbalklub se Besigheidsliga is verlede Woensdag (7 Oktober) gespeel, met 24 spanne van plaaslike besighede, organisasies en skole wat deelgeneem het. Aan die einde van hierdie rondte het die Looiery 1-span voorgeloop, met die span van Nissan & Renault tweede, en HCSC in derde plek - almal op vier punte. Hierdie spanne, en so ook die res van die spanne wat die eerste 12 plekke inneem met almal op vier punte, word slegs deur punteverskil geskei. Hulle is in volgorde Timbercity, Gim Ondersteu­nersklub, Fruit & Veg, Auto Select, Blacklist Security, Hyundai, PSP, Looiery 2 en Helende Woord. Op die foto is André van Greunen (tweede van links) van Timbercity en sy span, wat teen Hennie Baartman (derde van regs) van Eljada Kairos en sy span gespeel het. Foto: Alewyn Hanekom

Be the first to comment on "Eerste rondte van die Oudtshoorn Rolbalklub besigheidsliga"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*