Deur Higgo Jacobs
Ockie Horowitz het Saterdag die Vryburger Gholfdag in individuele stableford-formaat met ’n telling van 41 punte gewen. Johan Cornelissen, ook met 41 punte, was op ’n uittel tweede.
Drie spelers, Corné Mulder, Du Toit Kruger en Ronelle Cornelissen, al drie met 40 punte, was op ’n uittel derde, vierde en vyfde.
Winston Coerecius het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan, Jaco Smith op die agtste en Mulder op die vyftiende.
Altesame 59 spelers het aan die gholfdag deelgeneem.
• Woensdag, 18 Oktober, se individuele stableford, is deur Heinrich Terblanche met ’n telling van 41 punte gewen. Francois Verwey was met 39 tweede, op ’n uittel gevolg deur Louis Slabbert en Etienne Roos en Basie Louw wat ook al drie 39 punte behaal het.
Louw het die boerpot gewen. Pieter Pretorius was op die agtste putjie die naaste aan die pen.
Vryburger Gholfdag

Ockie Horowitz (middel), was die wenner van die Vryburgers se gholfdag. Links staan Makka Swart, stuurman van die Vryburgers op Oudtshoorn, en regs Mariaan Swart, stuurvrou. Foto: Higgo Jacobs