Horowitz en Griebenouw wen

Paul Stroebel (links), klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub, en Hemmie-Etna van Rensburg (naasregs), voorsitter van die Kangovalleie Landbouvereniging, by die wenners van die vereniging se gholfdag. Die wenners is van naaslinks Ockie Horowitz en Kobus Griebenouw (1ste), Howard Ellis en Wilmero Freeks (2de) en Pietie Mooney en sy seun PG (3de).  Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Kangovalleie Landbouvereniging se gekombineerde stablefordgholfdag, wat Saterdag op die Oudtshoorn Gholfbaan plaasgeving het, is gewen deur Ockie Horowitz en Kobus Griebenouw met ’n telling van 82 punte.

Howard Ellis en Wilmero Freeks was die naaswenners met 81 punte.

Pietie Mooney en sy seun, PG Mooney, was met ’n telling van 79 punte in die derde plek, gevolg deur Daniel Boks en Sergio Arries (14 jaar oud) met 78 punte en Pieter Strauss en Skillie Pretorius met 75 punte.

Sergio Arries het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Horowitz het dit op die 8ste putjie gedoen.

Fanie Greeff het ’n spogtwee op die 12de ge­slaan en Pieter Strauss op die 15de.

Pam Haig het die langste dryf op die 13de putjie geslaan.