Groot krieket op Rec

SWD Krieket gaan vir die eerste keer die gasheer wees vir die Suid-Afri-kaanse o.19-krieketspan wat volgen-de jaar op 1, 3 en 5 Februarie op die Rec op Oudtshoorn in drie internasionale eendagwedstryde (50 boulbeurte) teen Sri Lanka speel.

SWD wat die AfrikaTwintig20- Beker se groepwedstryde sowel as die halfeind- en eindstrydwedstryde suksesvol op die Rec aangebied het, is volgende jaar van 24 tot 28 Januarie ook die gasheer vir Krieket Suid-Afrika se Akademie-toernooi wat op Oudtshoorn gaan plaasvind.
Ses konsessie-akademiespanne, die Warriors, Cobras, Lions, Titans, Dolphins en Knights, sal tydens die toernooi in aksie wees.
SWD gaan ook vir die eerste keer die gasheer wees vir ’n Sunfoilwedstryd oor vier dae wanneer die Cobras en die Lions mekaar van 5 tot 8 Januarie 2017 op die Rec pak.

  • Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket, het intussen ook bekend gemaak dat die Nasionale Lotery R500 000 aan SWD Krieket toegeken het.

Die grootste deel hiervan gaan volgens Kennedy aan transformasie en ontwikkelingsprogramme bestee word.
Rudy Claassen, president van SWD Krieket,  het sy dank en waardering teenoor die Lotery Kommissie uitgespreek.
“Sedert 2004 het SWD Krieket reeds meer as R12 miljoen van die Nasionale Lotery ontvang,” het hy gesê.

 

(Deur Higgo Jacobs)