Boks wen stableford

Daniël Boks het Saterdag met ’n telling van 39 punte die individuele stableford-gholfdag van die Oudts­hoorn Gholfklub gewen.
Paul Stroebel (38 punte) was tweede, Frans Celliers, Jurgens Burger en Sarel Fick, elk met 37, was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.
Die boerpot is gedeel deur Ian Laubscher, Steven Pieterse, Danie Terblanche en Higgo Jacobs.

WM Badenhorst was op die 3de putjie die naaste aan die pen en Coenie Coetzee het die enigste spogtwee van die dag op die derde aangeteken.

  •  Gideon Badenhorst het Woensdag (30 November) se individuele stableford met ’n telling van 40 punte gewen. Winston Coerecius (39) was tweede en Etienne Roos (38) derde.

Anton Kok en Francois Verwey, albei met 37, was op ’n uittel onderskeidelik vierde en vyfde.

George Fourie het die boerpot ge-wen en Kok was op die 8ste die naaste aan die pen.

AO Theunissen, Roos en Johan Cornelissen het spogtwees op die 3de putjie geslaan en  Badenhorst op die 8ste putjie.

 

(Deur Higgo Jacobs)