Dysselsdorp Rangers vereer spelers

Die Dysselsdorp Rangers Rugbyklub het Vrydagaand in die St Konradsskoolsaal by die klub se prysuitdeling vir Shevandre Briekwa as sy Sportman van die Jaar aangewys.

Die ander spelers wat pryse en trofees ontvang het, is:

  • Leroy Jansen: Sewesspeler van die Jaar;
  • Davestine Esau: Spelers se Speler van die Jaar;
  • Eric Campher: Voorspeler van die Jaar;
  • Edwin Soman: Beste Agterspeler;
  • Daniello Anthony: MeestoegewydeSpeler;
  • Beandre Botha: Speler wat bestevordering toon; en
  • Michael Snel: Sewesspeler wat in 2016 die meeste drieë gedruk het.

Die president van die SWD Rugby Voetbalunie, Hennie Baartman, het die klub gelukgewens met ’n uitste-kende jaar waarin die klub die SWD Karoostreekbeker gewen het. Die klub skuif nou op na die taaier Presidentsliga.
“Dit is is makliker om bo uit te kom as om daar te bly en daarom sal 2017 meer toewyding van almal, spelers, afrigters en die bestuur, verg om suksesvol te wees,” het hy gesê.
Baartman het ’n beroep op die klub se ondersteuners gedoen om hul volgehoue steun aan die spelers te gee.

 

(Deur Garnett Wicomb)