Groot fietsry-eer vir Bence

Karin Bence van Oudtshoorn en bekende figuur in fietsrykringe is die eerste vrou in die Wes-Kaap wat deur Fietsry-SA aangewys is as hoofskeidsregter by die SA nasionale fietsry-kampioenskappe vir Elite- Veterane- en Para-fietsryers. Die kampioenskappe het van 6 tot 9 Februarie in Midvaal Gauteng plaasgevind. Op die foto staan Karin by Alan Harterly, die huidige XCO-Wêreldkampioen. Foto verskaf