Glenda kry erkenning vir toewyding

Glenda Olifant, opvoeder van Dysselsdorp Primêre Skool, is tydens Suid-Afrika Skolekrieket se alge-mene jaarvergadering op Saterdag, 21 September, in Johannesburg as lid van die uitvoerende komitee van dié sportliggaam verkies. Sy sal ver-antwoordelik wees vir meisiekrieket. Olifant het SWD Skolekrieket jare lank met onderskeiding gedien en kry met haar verkiesing erkenning vir haar toewyding aan skolekrieket. Sy was in onder meer 2016 spanbestuurder van SWD se o.19-meisiespan. (Foto verskaf.)