Byron Minnie (links) en Wynand Vermeulen (regs) wat die Brian’s Grill Gholfdag gewen het. By hulle is Lise Scholtz van Distell. Foto : Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
SATERDAG se 4BBB Stableford-gholfdag is deur Byron Minnie en Wynand Vermeulen met ’n telling van 56 punte gewen.
Ockie Horowitz en Cecil Badenhorst (50 punte) was tweede. Rudi Mortlock en Salie Oosthuizen, J Marais en R Bezuidenhout, en Wanda Uys en Ronel Berry, almal met 49 punte, was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.
Morné Tome het op die 7de putjie die langste dryf geslaan. Du Toit Kruger het op die 3de die naaste aan die pen geslaan, C Venter op die 8ste, W Phillipus op die 12de en Skillie Pretorius op die 15de.
Die opbrengs van die dag, wat deur Brian’s Grill geborg is, gaan vir Kan-sa op Oudtshoorn.
• Woensdag, 22 Augustus, se individuele stableford is deur Lollies van Rensburg (39 punte) gewen.
Anneline Badenhorst en Higgo Jacobs, albei met 37 punte, was onderskeidelik tweede en derde, gevolg deur Pieter Strauss (36) en Deon Barnard (35). Barnard het ook die boerpot gewen.
Badenhorst het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en ook ’n spogtwee op dieselfde putjie behaal. Heinrich Cornelissen het ’n spogtwee op die 12de geslaan en Marius Greeff op die 8ste.