Die Laerskool Wesbank se gimnaste het hul skool se naam hoog gehou by die Wes-Kaap Gimnastiekkampioenskap die naweek van 10 Augustus. Die gimnaste is voor van links Luhann Westenraad (1ste eurotrampolien en 1ste dubbelmini) en Mialése Westenraad (2de eurotrampolien, 2de dubbelmini en ere-wapen), middel van links Callan du Plessis (eurotrampolien en 2de dubbelmini), Adele Terblanche (6de eurotrampolien en 5de dubbelmini), Luka Stander (2de dubbel-mini), Adél Joubert (3de eurotrampolien en 3de dubbelmini), en agter Thanita Fourie (5de eurotrampolien en 8ste bubbelmini). Al sewe dié gimnaste het gekwalifiseer om van 2 tot 5 Oktober aan die SA Kampioenskap in Gauteng deel te neem. (Foto verskaf.)