Gershwin 1ste oor eindstreep

Gershwin Jacobs

Deur Garnett Wicomb
Gershwin Jacobs van die Nedbank (George) Atletiekklub het Saterdag se 213de Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed in ’n vinnige tyd van 16 min 21 sek gewen.

Dit was slegs 12 sekondes stadiger as die vinnigste tyd wat Juka Gerstner in 2015 aangeteken het.
Booi Salman was tweede in 17:48 met Yaron Venter derde in 20:11.

Bianca van der Westuizen (24:12) was weer die eerste vrou oor die eindstreep.

Die14-jarige Leonard Modermott was die eerste junior terwyl Garnett Wicomb Saterdag sy 150ste Parkrun voltooi het.

Saterdag se ander goeie tye was as volg: Patrick Peters (20:38), Leonard Modermott (21:28), Francois Goosen (22:39), Obed Netshakhama (23:54), Justin Olivier (24:06), Newald Groenewald (24:11), Albertus Kennedy (24:26), Hans van der Veen (24:52), Hans Lareman (24:57), Jacques Jacobs (26:44), Tarren Jullies (27:49), Iona du Plessis (28:13), Conrad Jullies (28:42), Hestia Burger (29:08) en Kerneels Barnardo (29:28).