Willie Freeks (middel) wat die Oudtshoorn Gholfklub se Vleisgholfdag gewen het, saam met die naaswenner, Marthinus Oosthuizen (regs), en Johan Cornelissen, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
Willie Freeks het Saterdag vir homself ’n lekker groot pak vleis losgeslaan deur die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag met ’n telling van 40 punte te wen.
Marthinus Oosthuizen en Coenie Coetzee, albei met 38 punte, was op ’n uittel onderskeidelik tweede en derde. Louis Fourie (jr) was met 37 punte vierde en Clement Rex, die voorloper op die algehele punteleer, vyfde met 36 punte.
Die boerpot is gedeel deur Higgo Jacobs en Bennie van Zyl.
Niel Truter het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan en het ’n spogtwee op dieselfde putjie behaal. Dirkie Kuhn (3de) en Jaco Mortlock (12de) het ook spogtwees geslaan.
Etienne Roos het Woensdag, 12 September, se individuele stableford met ’n telling van 39 punte gewen.
Vier spelers, Deon Barnard, Ma-rius Wilken, Colin Swigelaar en George Fourie, het elk 38 punte behaal, en was op ’n uittel onderskeidelik tweede tot vyfde. Barnard het ook die boerpot gewen.
Wilken het op die 12de die naaste aan die pen geslaan.