Fietsryklub hou AJV

DIE Oudtshoorn Fietsryklub se algemene jaarvergadering vind Maandag (28 Januarie) by die Eden Sportakademie in die De Jager Sportkompleks plaas.

Die vergadering begin om 19:00.

Mike Lombard, voorsitter van die fietsryklub, nooi alle klublede en ander belangstellendes om die vergadering te kom bywoon.

Tydens die vergadering sal nuwe bestuurslede gekies word en die jaarprogram bespreek word.

• “Die klub was verlede jaar baie suksesvol met lede wat nasionaal presteer het. Kom raak betrokke sodat ons dit weer kan doen,” het Lombard gesê.