Eerste Besigheidskamer Gholfdag vir 2024

Die eerste Besigheidskamer gholfdag vir 2024 het Woensdag, 7 Februarie by die Oudtshoorn Gholfbaan plaasgevind. Die dag is geborg deur MSec met 44 spelers in die veld.

A Cupido en A Plaatjies het die eerste plek beklink met ’n puntetelling van 47.

Die tweede plek is gewen deur R Steyl en J Botha en derde was L Janse van Rensburg en B Griebenouw.

Op die foto van links is Paul Stroebel (voorsitter Oudtshoorn Gholfklub), A Plaatjies, A Cupido, Hennie Davel (Oudtshoorn Besigheidskamer) en Pieter Meiring (borg). Foto: Lindi Brill