Eden-Overberg Interstreek Toutrekkampioenskappeop Oudtshoorn aangebied

Foto's verskaf.

Die Buco Eden-Overberg Interstreek Toutrekkampioenskappe het Saterdag 28 Februarie by die Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportgronde in Albertstraat plaasgevind, waar jong toutrekkers uit die streek hul krag en spanwerk ten toon gestel het. Skole van Overberg, Eden en Sentraal Karoo het deelgeneem aan die kompetisie.

Altesaam 35 spanne en meer as 950 atlete het aan die kompetisie deelgeneem in verskeie gewigskategorieë. Deelnemers het meegeding in die Senior-afdeling (stewels), Junior-afdeling (kaalvoete) asook Junior ontwikkelingspanne, wat jong talent die geleentheid bied om ervaring op te doen in die sport.

Die kompetisie het plek gemaak vir seuns-, meisies- en gemengde spanne in die verskillende gewigs-afdelings, wat vir opwindende en strawwe trekkragte op die tou gesorg het.

Spanne en deelnemers wat eerste, tweede en derde plek behaal het, het hul Eden-kleure verwerf – ’n belangrike prestasie vir jong toutrekkers in die streek.

Die uitsondering is die ontwikkelingskategorie, waar spanne slegs vir twee jaar mag deelneem en waar kleure nie toegeken word nie.

Alhoewel die Oudtshoorn Toutrek-klub verledejaar op die been gebring is, is dit vanjaar die eerste keer wat ‘n senior span (stewels 14-18jr) aan die kompetisie deelgeneem het en het hul besonder goed gevaar
Die byeenkoms het nie net sterk kompetisie opgelewer nie, maar ook gewys hoe die sport van toutrek steeds onder jongmense in die streek groei.

Uitslae:

Stewels:
420 kg-Gemeng (Mixed):

  1. Swellendam Sekondêre Skool A
  2. Oakdale A
  3. Oakdale B

440 kg-Seuns:

  1. Calitzdorp Landbouskool
  2. Oakdale A
  3. SSS A

440 kg-Dogters:

  1. Oudtshoorn Toutrekklub
  2. SSS
  3. Hoërskool Punt

480 kg-Seuns:

  1. Oakdale A
  2. Oakdale B
  3. Calitzdorp Landbouskool

480 kg-Dogters:

  1. Hoërskool Swellendam
  2. Oudtshoorn Toutrekklub
  3. VKS

520 kg-Dogters:

  1. VKS
  2. Hoërskool Swellendam
  3. Oudtshoorn Toutrekklub

520 kg-Seuns:

  1. Oakdale A
  2. Oakdale B
  3. Hoërskool Punt

520 kg-Gemeng (Mixed):

  1. Hoërskool Swellendam A
  2. Hoërskool Swellendam B
  3. Hoërskool Punt

560 kg-Seuns:

  1. Oakdale A
  2. Oakdale B
  3. Oakdale C

600 kg-Seuns:

  1. Oakdale A
  2. Oakdale B
  3. Hoërskool Punt

Kaalvoete:
230kg o. 8:

  1. Wesbank
  2. Volschenk
  3. Vuurvliegie

230 kg o. 10:

  1. Wesbank A
  2. VRT Pitt
  3. Bontebok A

280 kg:

  1. Buffeljagsrivier
  2. Shalom
  3. Wesbank A

320 kg:

  1. Wesbank
  2. Suurbraak A
  3. Bontebok A

340 kg-Dogters:

  1. Suurbraak A
  2. Wesbank A
  3. Bontebok A

360 kg:

  1. Wesbank
  2. Suurbraak A
  3. Vrt Pitt A

400 kg:

  1. Wesbank A
  2. Wesbank B
  3. Muldersrus

440 kg:

  1. Wesbank A
  2. Vuurvliegie
  3. Laurus

Kaalvoete (Ontwikkeling):
230 kg o. 10:

  1. Volschenk
  2. Wesbank A
  3. Vuurvliegies

280 kg:

  1. Outeniqua jnr TT
  2. Dankoord
  3. Wesbank A

320 kg:

  1. Calitzdorp Landbou
  2. Volschenk A
  3. RP Botha

340 kg:

  1. Vuurvliegies
  2. Outeniqua jnr TT
  3. Laerskool Swellendam

360 kg:

  1. Outeniqua jnr TT
  2. Calitzdorp
  3. VRT Pitt A

400 kg:

  1. Vuurvliegies
  2. Laurus A
  3. Wesbank B

Die volgende byeenkoms vind die naweek op Suurbraak plaas, dit is die Wes-Kaap kampioenskappe met die SA’s wat 20 Maart op Robertson plaasvind.