Dyason weer vinnigste by Parkrun

JACQUES DYASON was Saterdag 20 Maart vir die derde agtereenvolgende Saterdag die vinnigste deelnemer aan die weeklikse virtuele Oudtshoorn Parkrun met ’n tyd van 22 minute 12 sekondes.

Tarren Jullies was die vinnigste vrou met haar tyd van 24 minute 19 sekondes en algeheel tweede, met Francois le Roux (26:13) in die derde plek.

Die tye van die ander deelnemers aan die 45ste virtuele Parkrun is soos volg:
Conrad Jullies (27:04), Henry Carstens (28:43), Hildegarde Bruwer (28:45), Bart Saaiman (28:56), Annemarie le Roux (30:57), Sylvia le Roux (35:27), Helena Smit (36:40), Leonie Stuurman (38:15), Garnett Wicomb (48:57) en Echbert le Roux (58:44). (Deur Garnett Wicomb)