DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) het Saterdag (19 Junie) hul duiwe op Victoria-Wes in die Sentraal-Karoo-omgewing losgelaat, en al het die Ope-afdeling se duiwe mooi huistoe gevlieg volgens Christo Senekal van OPK, het die Jaaroudafdeling se duiwe iewers “vasgehaak”.
Padlangs, met die N12, is die af-stand tussen Victoria-Wes en Oudts-hoorn sowat 316 km, maar die duiwe in albei afdelings het afstande van tussen 255 en 263 km afgelê.
In die OPK se Jaaroudafdeling het Johan de Jager en Jurie Geldenhuys se duiwe die top-drie plekke behaal, terwyl Klein Karoo Lofts (KKL), George Erasmus en De Jager se duiwe die Ope-afdeling se topposisies beklee het.
Volle Jaaroudafdeling-uitslae: De Jager – 1, 5, 9, 10, 11, 15 en 16; Geldenhuys – 2, 3, 6, 8 en 12; Erasmus – 4 en 14; Raubenheimer Broers – 7; Hannes Smit – 13 en 18; Ockie@Abe – 17.
Volle Ope-afdeling-uitslae: KKL – 1, 4, 5, 6, 7, 20, 26, 30; Erasmus – 2, 8, 10, 11, 23, 24 en 28; De Jager – 3, 15, 18, 25 en 29; Raubenheimer Broers – 9, 12, 13, 19, 22 en 27; Ockie@Abe – 14 en 16; Geldenhuys – 17 en 21. (Deur Stefan Skapie Goosen)