Dragons wen somerdominoliga

Die Dragons Dominoklub wat vanjaar se Somer Domino-wisseltrofee gewen het, is voor van links Marthinus de Laan (voorsitter), Piet Prins (kaptein) en Clement Rex (voorsitter: Oudtshoorn Domino Unie), en middel van links Damon May, Bennie Ruiters, Dorothy May, Caroline Titus, Hermanus Ayford, Andries Claassen en Andrew Titus, en agter Rowan Mashwati.               Foto: Wyndham Ewerts

Deur Wyndham Ewerts
DIE Dragons Dominoklub het Son-dag die eindstryd van die Oudtshoorn Domino Unie se eerste somerliga in die Protea Volksentrum gewen.

Hulle het Lazers in die eindstryd van die dubbelpotspel met 74-58 geklop. Piet Prins, kaptein van Dra-gons, sê hy is baie trots op sy span.

“Die spelers verdien die trofee om-dat hulle baie hard vir die eindstryd geoefen het. Ons kan egter nie nou op ons louere rus nie, want ons wil graag volgende jaar weer die trofee wen.”

Volgens Clement Rex, voorsitter van die Oudtshoorn Domino Unie, is dié liga die voorloper van ’n groot dominoliga wat binnekort afskop.

Die visie van die domino-unie is om vir oud en jonk op ’n sosiale vlak die kans te gee om mee te ding, sê hy.

Die domino-unie en klubspelers dra tans hul eie koste. Instansies wat ’n borgskap vir die liga in die toe-koms oorweeg, kan gerus vir Rex by 063 966 4142 kontak.