Die SWD Krieketassosiasie se jaarlikse prysuitdelingsfunksie vir skeidsregters het op Saterdag, 23 Junie, op George plaasgevind. Die skeidsregters wat toekennings ontvang het, is voor van links Jacobus le Roux (mees toegewyde skeidsregter), André Olivier (wenner: Premierliga), Lorenzo Preissex (skeidsregter wat die meeste vordering getoon het en naaswenner: Promosieliga), en Reagan Booysen (wenner: Vroueliga). Agter van links is Innus Rademan (wenner: Reserwe liga), Desmond Anthony (naaswenner: Vroueliga en Premierliga), Lawrence Matroos van Krieket SA, Hennie Pieterse (wenner: Promosieliga), Jean Neethling (voorsitter: SWD Skeidsregterassosiasie), Owen Gelderbloem (naaswenner: Reserweliga) en Hein Diemont (Administrateur van die Jaar).