Dié sibbe hou van spoed en modder

Heel links, Bea gee die ander gas in haar D711 motortjie terwyl Aaron in die D111 vir ander wys waar Dawid die wortels gegrawe het. Foto: Marliny Steyn Photography

Bea (9) en Aaron (6) Bence van Oudtshoorn het saam op 9 Augustus in George aan die Titan Camps deelgeneem.

Hierdie is die grootste Dirt Karting-byeenkoms in die Wes-Kaap. Bea het in die Development A-klas vir beginners deelgeneem en 3de plek behaal tydens haar heel eerste ren.

Haar boetie het in Development B gery en het die 4de plek ingeneem. Aaron neem nog slegs ʼn jaar deel aan renne.

“Hulle geniet dit vreeslik baie en die onder- steuning langs die baan is ongelooflik,” vertel hul ma, Jeanne-Marie.

Bea is ’n Gr 3 leerder by Laerskool Wesbank en Aaron in Graag R by Wesbank pre-primêr. (ANGELIQUE ERASMUS)