Donderdag, 16 Maart 2017
RUGBY: • Die Hoërskool Oudtshoorn se o.14 A- en o.15 A-rugbyspanne speel vanmiddag teen Suan Juan, ’n Argentynse skoletoerspan. Die o.14A’s begin om 14:30 gevolg deur die o.15A’s om 15:45 op die Struisies se rugbyveld. Vir navrae kontak gerus Stix Theunissen by tel 044 279 1623.
Saterdag, 18 Maart 2017
KRIEKET: • Union Stars van Oudtshoorn speel teen Pirates United van Knysna in die eindstryd van die SWD Sedgars Premierliga op die Oudts-hoorn Sportgronde (Rec). Die wedstryd begin om 10:00. Vir navrae kontak gerus Albertus Kennedy by 082 381 5486.
RUGBY: SWD Presidentsliga: • All Blacks speel teen Harlequins op die Bridgton Sportgronde. Die B-spanne begin om14:30. Afskoptyd vir die A-spanne is 16:00. Vir navrae kontak gerus Julien Fillies by 074 543 2783.
Dinsdag, 21 Maart 2017
ROLBAL: • Die Presidentsdag van die Oudts-hoorn Rolbalklub word gehou by die Oudtshoorn Rolbalklub in St Johnstraat. Dit begin om 09:00. Navrae: Gertjie Bekker by 072 246 7792.
Woensdag, 20 April 2017
ATLETIEK: • Die Klein Karoo Sake-aflos herleef. Daar sal in twee kategorieë meegeding word. Draf (ses per span) en stap (4 per span). Die koste is R20 per persoon. Elektroniese inskrywings kan gedoen word by www.edenmiles.co.za. Inskryfvorms is ook beskikbaar by die Eden Sportakademie of Oudtshoorn Toerisme. Navrae: Dave van der Walt by davesus@telkomsa.net of 082 774 4901.
27 May 2017
VELDWEDLOOP: • Meiringspoort Challenge. 9,5 km of 19,5 km draf. Navrae: Pieter – 082 377 0547. BERGFIETS: • Meiringspoort Challenge oor 30 km of 60,5 km. Navrae: Henkie – 082 396 4094.