Sakeliga voltooi

Die span van PNA wat die Oudtshoorn Rolbalklub se sake- rolballiga gewen het. Hulle is van links Louis Fourie, Louis Fourie jr, en Jaco en Mariëtte Mortlock. Interessant genoeg is pa en seun en skoonseun al drie geesdriftige gholfspelers.   Foto: Ben du Preez

Die span van PNA wat die Oudtshoorn Rolbalklub se sake- rolballiga gewen het.
Hulle is van links Louis Fourie, Louis Fourie jr, en Jaco en Mariëtte Mortlock. Interessant genoeg is pa en seun en skoonseun al drie geesdriftige gholfspelers. Foto: Ben du Preez

Deur Ben du Preez
DIE Oudtshoorn Rolbalklub se sakeliga wat Woensdagaand, 1 Maart, afgehandel is, is deur PNA gewen.
Die Great Bowls of Fire-span was tweede en CP Nel Oudtshoorn derde.

Volgens Gertjie Bekker, president van die Rolbalklub, is die sakeliga weer goed deur plaaslike besighede ondersteun.

Hy het deelnemers genooi om by die klub aan te sluit. “Daar is werklik baie talent onder die deelnemers,” het hy gesê.

Alwyn Koegelenberg het by die prysuitdeling sy uittrede as organiseerder van die sakeliga aangekondig.
Hy het die toernooie die afgelope 8 jaar gereël. “Ons het oor dié tydperk spesialis-patty-braaiers opgelei wat altesame al sowat 24000 patties vir die deelnemers se hamburgers ná elke dag se spel gebraai het,” het Koegelenberg gesê. Sy opvolger is nog nie aangewys nie.