Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag 14 Julie 2017
RUGBY KAROOSTREEKLIGA • Adias speel teen Oudtshoorn op die Bridgton Sportgronde (Plate). Die A-spanne se afskoptyd is 20:30. Vir navrae kontak Lionel Prinsloo by 072 291 3970.

Saterdag, 15 Julie 2017
RUGBY SWD Premierliga • Bridgton speel teen Blanco op die Bridgton Sportgronde. Die
C-spanne begin om 13:00, die B-spanne om 14:15 en die A-spanne om 15:30. Vir navrae kontak Shirley Ewerts by 074 302 9816.
SWD Presidentsliga • All Blacks kom te staan teen Uniondale op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Die B-spanne skop af om 13:00 en die
A-spanne om 15:30. Vir navrae kontak Damon Gysman by 073 441 2619. • Collegians speel teen Harlequins op die Infanterieskool se sportgronde. Die B-spanne begin om 14:15 en die A-spanne om 15:30. Vir navrae kontak Julian Fillies by 084 983 6088.
Karoostreekliga • Kango United speel teen Calitzdorp op die Oudtshoorn Sportgronde. Die wedstryd begin om 14:15. Vir navrae kontak Norman October by 079 888 9013.

Saterdag, 15 Julie 2017
OVAALBAANWEDRENNE • Die jaarlikse Klein Karoo Ovaalbaankampioenskap vind plaas op die Arnold de Jager Ovaalbaan, wes van Oudtshoorn, vanaf 12:00. ’n Rekordgetal deelnemers van regoor Suid-Afrika gaan aan die kampioenskap deelneem. Vir navrae kontak Dirk van der Westhuizen by 072 854 8830.

Saterdag, 22 Julie 2017
BERGFIETSWEDRENNE • Die tweede been van die Die Hybrid Track Series baanbergfiets-wedrenne vind op die Arnold de Jager Ovaalbaan plaas. Inskrywingsvorms is beskikbaar by https://jakhalsevents.wixsite.com/jakhalsevents/events. Vir navrae kan Corné Botha by 074 260 2871 gekontak word.