
Deur Higgo Jacobs
Johan de Jager se wedvlugduiwe het Saterdag die bordjies verhang toe hulle altesame twaalf plekke losgevlieg het in die twee wedvlugte vanaf Hanover oor ’n afstand van 343 kilometer.
De Jager het eerste plekke in die wedvlug vir jaaroud-duiwe, sowel as in die ope-afdeling behaal. Die volledige uitslae is soos volg:
Jaaroud-duiwe: Johan de Jager – 1, 5, 8, 9, 11, 16 en 18; Charl Erasmus – 2 en 14; Willie en Suyen Thysse – 3, 4, 6, 7, 10, 13, 15 en 17; Cobus Matthee – 12; en Johan Whyte – 19 en 20.
Ope-afdeling: Johan de Jager – 1, 2, 3, 8 en 15; Thysses – 4, 7, 9, 12, 16, 17, 18 en 19; Rau-benheimer Broers – 5, 6 en 13; en JC Barnard – 10, 11, 14 en 20.