Jacques de Beer is tydens die algemene jaarvergadering van die Wesbank Tennisklub onbestrede tot nuwe voorsitter van die klub verkies. Cobus Diepraam is die nuwe visievoorsitter, Cilliers Petzer die wedstrydsekretaris met Josy Coumans as tesourier. Die bykomende lede is Rehnear van Coller, Hanle Kok en Mari Snygans.
Die uittredende voorsitter, Louis Uys, het die nuwe bestuur sterkte toegewens en sy dank uitgespreek teenoor die bestuur van die afgelope drie jaar. Erelidmaatskap is aan twee van die klub se oudste spelers, Garnett Wicomb en Elmarie Lategan, toegeken. Belangstellendes wat by die klub wil aansluit kan die voorsitter by 082 897 8262 skakel. (GARNETT WICOMB)
De Beer gekies as voorsitter van Wesbank Tennisklub
