Dave wen vleisprys

WM Badenhorst (regs) oorhandig ’n pak vleis aan Dave Greeff wat Saterdag die Vleisgholfdag gewen het.      Foto: Higgo Jacobs

WM Badenhorst (regs) oorhandig ’n pak vleis aan Dave Greeff wat Saterdag die Vleisgholfdag gewen het. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag Saterdag is gewen deur Dave Greeff met ’n telling van 39 punte.

Bennie van Zyl en Desmond Malgas, albei ook met 39, was op ’n uittel 2de en 3de en Wilco Lourens en Pieter Hancke, albei met 37, 4de en 5de.

Van Zyl het die boerpot gewen. Johan du Plessis het op die 3de die naaste aan die pen geslaan.
Lourens het op die 3de ’n spogtwee ge­slaan en Colin Swigelaar en Rudi Mortlock op die 12de.

• Woensdag, 16 Augustus, se individuele stableford is deur Anton Kok met ’n baie goeie 43 punte gewen. Jean Neethling (40) was 2de gevolg deur Hannes Smal (39) en Francois Verwey (37).
George Fourie het die boerpot gewen en Fanie Greeff het op die 8ste die naaste aan die pen ge­slaan. Smal het ’n spogtwee op die 8ste geslaan.

• Famsa borg Saterdag die vierbal-alliansie waar die beste twee tellings op elke putjie tel. Koste is R150 per speler en baie goeie pryse is op die spel.

Vir Navrae kan Ankla Smith gekontak word by 073 526 0178.