Chandelier Trail Run bekoor deelnemers met natuurskoon

Bo is die wenners van die 21 km Trail Run-mansafdeling van links Gershwill Jacobs, Francois Maquassa en Selwyn Matthews. Onder is die vroue wenners van die 21 km Trailrun van links Christel Malek, Annetjie Botes en Bianca van der Westhuizen. Foto’s: Verskaf

Die Chandelier / Oudtshoorn Ford Trail Run is op 21 Maart aangebied by die pragtige Chandelier Wildreservaat net buite Oudtshoorn.

Die wedloop het 21 km, 10 km en 5 km -roetes aangebied.

Die 21 km wedloop het ’n baie uitdagende roete gehad, met asemrowende natuurtonele asook wild wat gesien kon word.

Francois Maquassa (Nedbank SWD) van Oudtshoorn was die wenner van die mans in die 21 km wedloop, met ’n tyd van 1:16:09. In die tweede plek was Selwyn Matthews (Nedbank SWD) en die derde plek is geneem deur Gershwill Jacobs.

In die damesafdeling van die 21 km het die veteraan atleet, Annetjie Botes (Nedbank SWD), die eerste plek ingeneem met ’n tyd van 1:53:21. Bianca van der Westhuizen (Nedbank SWD) was tweede en Christelle Malek was derde.

Die 10 km wedloop is deur Lloyd Bosman gewen met ’n tyd van 33:23 in die mansafdeling, en in die vroueafdeling het Melissa van Rensburg (Nedbank SWD) eerste ingekom met ’n tyd van 42:02.

Die volgende Chandelier Trail Run sal op 9 Augustus plaasvind en inskrywings kan gedoen word op www.entryninja.com of skakel Neels Terblanche by 083 727 2908 / neels@seabattical.co.za. (Deur Lindi Brill)